Refleksie
week 4
In hierdie baie kort week
het ek nogmaals met ‘n groot realiteit kennis gemaak. Tydens die langnaweek het
ek bietjie ekstra moeite gedoen met my lesplanne en het regtig goed gevoel oor
die volledige lesplanne wat ek vir die onderskeie onderwysers kon voorlĂȘ en het
uitgesien om hulle kommentaar te hoor.
Net om te sien hoe hulle dit onderteken - sonder om eers ‘n enkele woord
daarvan te lees! Ek het wel agtergekom dat die ekstra voorbereiding my gehelp
het om met groter gemak my lesse aan te bied en ek sou graag wil glo dat die
leerders dit ook agtergekom het. Ek moes maar net weer tot die besef kom dat
dit wat ek doen, doen ek vir die leerders en vir hulle voordeel alleen. So ek
sal maar weer daardie ekstra moeite doen. Dit het my ook laat oplet hoeveel
werk die onderwysers agter die skerms doen wat niemand noodwendig sien nie.
Die opregte vreugde wat
daar onder meeste van die leerders was om mekaar (en van hulle onderwysers) weer
na die langnaweek te sien, het my opgeval. Dit is regtig lekker om deel te wees
van so ‘n gemoedelike omgewing. Dit laat mens weer tweekeer dink oor die effens
verslapte dissipline waarvan ek voorheen gepraat het. Daar is seker maar ‘n fyn
balans. Soos altyd met alles.